Local newsNewsNews

Week met kleurryke foto-versameling afgeskop

Vandag word die week op 'n positiewe noot, met 'n kleurryke foto-versameling afgeskop.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se Vaalweekblad (29 Julie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie pragtige foto geneem.
    Karin Cronjé van Andorra het hierdie interessante foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
    Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie pragtige silhouette foto geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie kleurryke stillewe foto geneem.
    Elsje Vermeulen het hierdie kunstige natuurfoto geneem.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die bouwerk teen die skemerlig vasgevang.
    Monica Warren van Richardsbaai het hierdie mooi foto van ‘n “malachite kingfisher” geneem.
    Madré Fourie van Vanderbijlpark laat mens uitsien na die lente met hierdie pragtige natuurfoto.
    Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die super-skerp kleurryke foto geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het met lig gespeel om die pragtige foto vas te vang.
    Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
    “Kersliedere by kerslig”- Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die foto geneem.
    Sonja Hollander from Kempton Park took this rich, dark photo.
    Amanda Vermeulen het die pastelkleur stadslandskap foto van Johor, Maleisië geneem.
    Albertus Kriel van Vereeniging het die vuurwarm-foto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi kleurryke natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button