‘n Slak ook op vandag se ‘spyskaart’
Vandag is daar weer 'n wye verskeidenheid (selfs 'n slak) op die fotografie-spyskaart!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se Vaalweekblad (29 Julie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Rozan Koen van Vaalpark het hierdie mooi monochroom foto van haar dogtertjie geneem. 
Sonja Hollander van Kempton Park het hierdie pragtige natuurfoto geneem. 
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het hierdie pragtige lyne van die treinspoor kunstig vasgevang. 
Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie foto binne die raamwerk van die murasie vasgevang. 
Amanda Vermeulen het hierdie stadslandskap van Johor in Maleisië geneem. Sy is een van die drie internasionale lede wat gereeld foto’s op die blad deel. 
Bennie Henning van Germiston het hierdie mooi foto geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld kuier tans in Stellenbosch waar hy hierdie klein verkleurmannetjie afgeneem het. 
Hennie Posthumus van Boksburg het die interessante boom afgeneem. Weet iemand dalk wat se boom dit is? 
Danie Nel van Parys het hierdie kleurryke natuurfoto geneem. 
“Waar is my kos?” – Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie mooi foto van ‘n besoekertjie in sy tuin geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het hierdie natuurfoto geneem. 
“Vitamiene C” – Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die foto geneem. 
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê). 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem. 
Madré Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto van die murasie geneem. 
“Die heel beste sitplek”- Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van haar skattige viervoet geneem. 
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige landskapfoto met die wolke wat swaar in die lug hang geneem.
