Local newsNewsNews

Nog foto’s so halfpad deur die week

Ons is so halfpad deur die week en Vaalweekblad deel met trots nog 'n prag-versameling met komplimente van die "lockdown-fotograwe".

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in vandag se Vaalweekblad (29 Julie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

“Die liefde is mooi” – Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie mooi foto geneem. Die Supra-egpaar is reeds 72 jaar getroud.
Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie pragtige landskapfoto met sononder geneem.
Hennie Posthumus van Boksburg het die interessante boom afgeneem. Weet iemand dalk wat se boom dit is?
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige landskapfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Madré Fourie van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n visarend geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem.
Rico Bester van Kempton Park het die mooi foto van die stomende koppie koffie geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die foto van die gloeiende kole geneem.
Sonja Hollander van Kempton Park het ook op koffie gefokus en die mooi foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die foto van die boomstomp met swamme daarop, wat van naderby kunstig vertoon, geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die monochroom natuurfoto geneem.
Bennie Henning van Germiston het hierdie mooi ryk kleure met sonsondergang vasgevang.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het ook ‘n pragtige sonsondergang afgeneem.
Danie Nel van Parys het die mooi landskapfoto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die kunstige foto van ‘n roos geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button