Local newsNewsNewsBreaking News

AfriForum se Midvaal-tak ondersteun Huis Meyerton

MEYERTON.- AfriForum se Midvaal-tak het op 28 Julie 2020 met die hulp van Van der Walt Apteek vitamienaanvullings aan Huis Meyerton geskenk nadat ’n aantal COVID-19-gevalle by dié tehuis aangemeld is.   Ongeveer 70 positiewe gevalle is verlede week by die tehuis aangemeld. AfriForum se Midvaal-tak het die tehuis se bestuur gekontak sodat hulle kan …

MEYERTON.- AfriForum se Midvaal-tak het op 28 Julie 2020 met die hulp van Van der Walt Apteek vitamienaanvullings aan Huis Meyerton geskenk nadat ’n aantal COVID-19-gevalle by dié tehuis aangemeld is.

 

Ongeveer 70 positiewe gevalle is verlede week by die tehuis aangemeld. AfriForum se Midvaal-tak het die tehuis se bestuur gekontak sodat hulle kan hand bysit tydens die pandemie.

 

Die tehuis het groot hoeveelhede vitamien C en D, asook sink versoek om te verseker dat daar genoeg voorraad is om inwoners se immuniteitstelsels te versterk.

 

“Dit is hartverskeurend om te weet dat inwoners en personeel van dié tehuis weens die pandemie nou elke dag in vrees woon. AfriForum se Midvaal-tak sal deurlopend in hierdie onseker tye hulp en ondersteuning aan die gemeenskap bied,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button