Local newsNewsNewsBreaking News

Boere en inwoners staan saam teen plaasmoorde

HARTSWATER. -Boere en inwoners van die Noord-Kaapse landboudorp Hartswater het Donderdagoggend 30 Julie aan ‘n optog teen plaasmoorde deelgeneem. Dit volg na die wreede moorde op Danie en Breggie Brand en hul dogter Elzabe wat Sondag vermoor is. Terwyl bakkies, trekkers en ander voertuie in ‘n stoet deur die strate beweeg het was daar ook …

HARTSWATER. -Boere en inwoners van die Noord-Kaapse landboudorp Hartswater het Donderdagoggend 30 Julie aan ‘n optog teen plaasmoorde deelgeneem.

Dit volg na die wreede moorde op Danie en Breggie Brand en hul dogter Elzabe wat Sondag vermoor is.

Terwyl bakkies, trekkers en ander voertuie in ‘n stoet deur die strate beweeg het was daar ook talle mense wat met plakkate na die hof opgeruk het om hul stem dik te maak,

Daar is gevra dat die doodstraf teruggebring moet word.

Vyf verdagtes, waaronder ‘n vrou, het Donderdagoggend in die landdroshof verskyn in verband met die moorde en sou die geleentheid kry om vir borgtog aansoek te doen.

Hulle staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering en motordiefstal. 

Boere en inwoners van Hartswater neem deel aan ‘n optog teen plaasmoorde. Foto: Facebook/Charné Kemp

Boere en inwoners van Hartswater neem deel aan ‘n optog teen plaasmoorde. Foto: Facebook/Charné
Boere en inwoners van Hartswater neem deel aan ‘n optog teen plaasmoorde. Foto: Facebook/Charné
Boere en inwoners van Hartswater neem deel aan ‘n optog teen plaasmoorde. Foto: Facebook/Charné

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button