Buks se infeksietelling minder en suurstofvlakke meer
MEYERTON. – "Ons het darem so bietjie goeie nuus om te deel," het Buks, se vrou Carolien gesê. "Sy infeksietelling is besig om te verlaag wat baie goed is, en sy suurstofvlakke is meer, al is dit nog terwyl hy op suurstof is."
Die slegte nuus dat Buks, een van die Vaal se bekendste Comrades-atlete, met Covid-19 gediagnoseer is en om sy lewe moet veg, het gisters soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Horde boodskappe van aanmoediging en ondersteuning is aan hom en Carolien gestuur.
Buks van Heerden (49), is Saterdag 25 Julie met Covid-19 gediagnoseer en moes wees onderliggende komplikasies op 28 Julie in Vereeniging in die hospitaal opgeneem word. Die egpaar het nie ‘n mediese fonds nie en goeie vriende het gehelp om die deposito te betaal, sodat hy die beste behandeling moontlik kan kry. Hulle benodig egter steeds hulp met fondse sodat hy daar gehou en die beste moontlik sorg kan kry. Carolien het intussen ‘n fonds vir hom gestig.
Mense wat die fonds wil ondersteun kan Carolien van Heerden se Facebookblad besoek of die volgende skakel besoek
https://www.backabuddy.co.za/buks-van-heerden
