Local newsNewsNews

Laat die goeie tye rol!

MEYERTON. - Vier maande lank het hulle gewag vir hierdie dag! Op 21 Julie was hulle gemasker en gereed vir pare-spel... en het hulle dit nie geniet nie. Maar, kom ons begin heel voor. Soos wat die spreekwoord lui: plig voor plesier.

Dus het daar Maandag, 20 Julie, 12 gemaskerde lede van die Meyerton-rolbalklub opgedaag om die klubhuis skoon te maak.
Gewapen met moppe, besems, seep en emmers water, het hulle weggespring onder “bevel” van Tommie en Corrie Louw. Na twee ure se swoeg en sweet was die klubhuis weer terug na normaal en gereed om die spelers die volgende dag te kon terug verwelkom.
Dinsdag was dit sulke tyd, maar met nuwe reëls! Om 13:30 het 20 spelers opgedaag en is daar pare-spel gespeel – dit beteken dat daar vier spelers op ’n baan was.
Die kroeg was egter ‘n verbode area en die spelers mag ook glad nie sosiaal verkeer het nie.
Daar is tot 16:00 gespeel, waarna al die deelnemers dadelik opgepak en na hul onderkeie huise moes terugkeer.
“Dit was heerlik om mekaar weer te sien, alhoewel jy twee keer moes kyk om seker te maak jy praat met die regte persoon agter die masker,” sê Tommie.
“Ons sien uit daarna om eendag darem weer ’n koppie tee en koekies saam te kan geniet.”
Die klub sal dus nou weer soos voorheen Dinsdae, Donderdae en Saterdae om 13:30 lewe op die rolbalbane hê. Tommie nooi alle belangstellendes om saam te kom balle rol. Kontak hom gerus by 082 899 5095.

Vier van die spelers wat Dinsdag, 21 Julie weer rolbal gespeel het: Sias Smuts, Wynand Lombaard, Piet Mouton en Steph Thompson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button