Nuweling voer ons weg na ysige wonderland
Dave Henderson is 'n oud-Vaaldriehoeker wat nou op sy plaas Deelfontein naby Bloemfontein boer. Gelukkig vir ons is hy ook 'n kranige fotograaf wat vandag vir die eerste keer van sy mooi foto's op die blad met ons deel. Dit is die eerste keer ... maar nie die laaste keer nie!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se Vaalweekblad (29 Julie) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

















