Local newsNewsNews

Rioolvuil hou Covid-19 bedreiging in

VEREENIGING. – Rioollekasie-probleme hou volgens kenners ’n bedreiging vir inwoners se gesondheid in, veral in dié tyd waar daar teen die Covid-19 virussiekte gewaak moet word. Drie Riviere se Covid-19-komitee het tydens ’n onlangse vergadering in verlede maand die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) versoek om in te gryp. Volgens dr. Jacqueline Goldswain, ’n internis van …

VEREENIGING. – Rioollekasie-probleme hou volgens kenners ’n bedreiging vir inwoners se gesondheid in, veral in dié tyd waar daar teen die Covid-19 virussiekte gewaak moet word.

Drie Riviere se Covid-19-komitee het tydens ’n onlangse vergadering in verlede maand die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) versoek om in te gryp.

Volgens dr. Jacqueline Goldswain, ’n internis van Vereeniging wat ook in Drie Riviere se Covid-19-komitee dien, toon ’n onlangse studie daarop dat die Covid-19 virus vir tussen 6 en 8 weke in jou urine en stoelgang kan oorleef.

“Hulle het onder meer aanbeveel dat toilette nie gedeel moet word met mense wat positief getoets het vir die Covid-19 virussiekte nie. As jy die toilet afspoel veroorsaak dit ’n wolk van fyn druppeltjies in die lug wat ander mense kan blootstel. “Hierdie druppels beland dan op wasbakke en teëls.”

Indien die bevinding van hierdie studie korrek is, is dit voorwaar slegte nuus vir inwoners wat al jare lank magteloos moet toekyk hoe rioolvuil oor strate en in riviere stroom. “As daardie rioolvuil in die straat loop, hou dit ’n kontaminasierisiko vir elkeen van ons in,” meen rdl. Daleen Venter, DA-wyksraadslid vir Wyk 1, Drie Riviere. “As dit oor die pad stroom ry mense met hul voertuie daardeur. Voetgangers loop daardeur. Mense ry met hul fietse daardeur. Dit beland op mense se bande en op hul skoene en dan bring hulle dit so ook in hul huise in.” In meeste gevalle spoel hierdie rioolvuil ook in riviere waar dit ook ander waterweë besoedel.

’n Voorbeeld hiervan is in Drie Riviere-Oos, waar massas rou rioolvuil volgens Venter al vir meer as vyf weke lank onverpoosd in die Suikerbosrandrivier naby die Nederduits Gereformeerde Kerk Suikerbos (aan inwoners bekend as die “Tikmasjenkerk) vloei.

Volgens Venter het boomwortels die pype beskadig en moet die verstopte pype met behulp van ’n spesiale voertuig skoongesuig word. “Die kontrakteur wat aangestel is om dit te doen, is nooit deur die sukkelende Emfuleni betaal nie, nou weier hulle om dit te doen. Inwoners ly as gevolg hiervan.”

Volgens Venter het die probleem so erg geword dat rioolvuil in sommige gebiede al in mense se baddens opstoot.

Ook in ander gebiede in Emfuleni soos Peacehaven, gaan inwoners al vir jare lank gebuk onder dieselfde soort probleme. Die woongebied haal gereeld die nuus met die talle rioollekkasies wat daar voorkom.

Volgens Thembi Matjokana, ’n senior administratiewe beampte van die Spreaker se kantoor, sal die aanbevelings aan Emfuleni en ook aan die provinsiale regering en die departement van samewerkende regering deurgegee word sodat daar ’n oplossing vir die probleem gevind kan word.

* Drie Riviere se Covid-19-komitee is een van talle komitees wat in Emfuleni deur wyksraadslede op die been gebring is om met die hulp van die gemeenskap, die stryd teen die Covid-19 virussiekte op voetsoolvlak te voer.

Rdl. Daleen Venter by ’n rioollekkasie by die dippie in Hawthornestraat, Drie Riviere-Oos, waar rioolvuil vir langer as vyf maande in die Suikerbosrandrivier gestroom en waterweë besoedel het. Foto: Christiaan Cloete
Jacoline van Vuuren wys hoe rioolvuil uit ‘n verstopte drein in haar erf uitloop. Leeuhof gaan gebuk onder ernge rioolprobleme. Foto: Christiaan Cloete
Herman Schoeman van Leeuhof wys hoe rioolvuil uit ‘n verstopte drein op sy stoep uitborrel. Leeufhof is een van die areas in Vereeniging wat die ergste geraak word. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button