Local newsNewsNews

Help! Erf in SW1 oorspoel met rou riool

VANDERBIJLPARK. – Die afgelope vier maande het die lewe vir die Van Rooyens van Helena Lochnerstraat in SW1 erg onaangenaam geraak in hul eie huis. Rou riool lê hul erf vol en al hul klagtes val op dowe ore. Chris sê hulle huur die eiendom en hulle en die eienaar het al die probleem aan die munisipaliteit gerapporteer.

Daar het niks van gekom nie en ten einde laas het hulle self iemand gekry om die huis se verstopte dreine skoon te maak. Dit het hul amper R1 000 uit die sak gejaag. Die loodgieter het gesê die munisipale drein veroorsaak al die probleme. Die hoofdrein is verstop en moet skoongemaak word.

Daarna het hul al verskeie nommers geskakel in ‘n poging om die probleem weer te rapporteer. Uiteindelik het hul ‘n verwysing op 8 Julie van die munisipaliteit gekry. En daar het dit gebly. Sedertdien skakel hul omtrent elke dag en so het Rebecca, Paulina en Gift al belowe dat die “jobkaart” saam met die span uit is, maar geen werkers het nog opgedaag nie. Beloftes dat hulle sal terugbel blyk ook leeg te wees. “Dit kos ons tussen R15 en R25 op ‘n slag aan lugtyd” sê Chris wat op die stadium werkloos is en nie die ekstra uitgawes kan bekostig nie.

“Ek het maar self ‘n paar keer die gemors uitgeskep en in swartsakke gegooi,  en laat uitdroog om dit te laat weg gooi,  want my honde het siek geword.” het hy moedeloos laat weet.  Die Van Rooyens maak hul kleindogter groot en die drein is naby haar kamervenster. Die stank is onuithoubaar. “Ek laat nie meer my honde of my kleinkind uit die huis nie,  want ek is bang dat hulle weer gaan siek word.”

Rou riool lê hul erf vol en al hul klagtes val op dowe ore.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button