Local newsNewsNews

Jané ervaar dubbel visie, moontlik weens gebreekte nekwerwel

VANDERBIJLPARK. - Jané Vorster, die 14-jarige skooldogter van HS Driehoek wat ernstig beseer is in ‘n ongeluk waartydens die graad 12-leerder, Shelby van Wyk gesterf het, is steeds in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton.

Sy het Dinsdag nog ‘n operasie ondergaan. Die keer om haar enkel te herstel.
Volgens ma Claudia gaan dit al heelwat beter met Jané, wat sedert die ongeluk op Saterdag, 18 Julie reeds drie operasies ondergaan het. Daar is ook intussen gevind dat Jané ‘n gebreekte nekwerwel het. Dit het ook moontlik veroorsaak dat Jané nou dubbel visie begin ondervind. Sy sal egter weer toetse moet ondergaan om die oorsaak van die dubbel visie wat Jané net skielik die week begin ondervind het, te bepaal.
“Jané lyk so goed onder omstandighede, selfs die dokters is verbaas,” vertel Claudia.
Jané ervaar nie meer so baie pyn soos verlede week nie en is nou van die sterk medikasie af en kry net pynpille om die pyn te beheer. Sy ervaar egter maar steeds emosionele dae, waarvan Maandag ‘n baie moeilike dag vir Jané was.
Dit was haar geliefde beste vriend, Shelby, se begrafnis. Sy kon nie daar wees nie.
“Haar pa was aan haar sy in die hospitaal terwyl haar boetie die diens vir haar gevideo call het. Sy het vreeslik gehuil,” vertel Claudia.
“Deur dit alles het ek gevind dat my kind baie sterk en positief is, ek het baie by haar geleer,” sê Claudia.
“Sy het selfs vir my gesê sy kan nou maar huis toe kom, want sy is verveeld. God se guns skyn regtig oor haar, sy lyk so goed,” sê Claudia.
* Daar lê nog verskeie operasies vir Jané voor, asook heelwat beproewinge vir die gesin. Die rekeninge begin nou instroom en hoewel dit hulle as gesin bekommerd maak, glo hulle dat God sal voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button