Local newsNewsNews

Laat hy val waar hy wil dis Vrydag!

Dis Vrydag en tyd om dit bietjie rustiger te vat. Hier is so paar pragtige foto's om die naweek te verwelkom. So skop jou stoel uit, sit lekker terug en geniet.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se Vaalweekblad (29 Julie) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Dave Henderson van die plaas Deelfontein naby Bloemfontein het die geneem nadat ‘n waterpyp gelek en die water gevries het.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die pragtige, donker landskapfoto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het met die sonlig gespeel om die kunstige foto te neem.
“Welcome to the kitchen” – Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi straattoneel vasgevang.
Jennefer van der Westhuizen van Vanderbijlpark het haar man op die oewer van die Vaalrivier afgeneem terwyl hy hengel.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige landskapfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Madré Fourie van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto van die “African pied kingfisher” geneem.
Die kunstige Nico Potgieter van Vanderbijpark het die mooi monochroom natuurfoto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto geneem.
Pikkie Marais van Vaalpark het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die drie “tannies” wat so in die veld staan en kuier afgeneem.
Sonja Hollander van Kempton Park het hierdie foto geneem.
Sonja Jordan van Daleside het hierdie mooi foto met sonsondergang geneem.
Stephanie Strydom from Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van ‘n verlore kiewietkuiken geneem (wat gou weer met sy mamma herenig was).
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het hierdie pragtige landskapfoto by Golden Gate Brandwag uit ‘n ander hoek geneem.
Die 15-jarige Adriaan Dewaal van Belfast het hierdie pragtige makro foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button