Local newsNewsNews
Vaal se ‘juweel’ skrywer
VANDERBIJLPARK. – Daar was nog altyd iets spesiaals aan ‘n ou Kaapse verhaal. Daardie era voordat die Engelse finaal die Kaap van Storms oorgeneem het en die eerste ossewaens vir goed die binneland in is. Toe die Kaap nog Holands was. Die branders het nog tot teenaan die Kasteel se mure geslaan en die hele nedersetting het geweet as ‘n nuwe skip in die hawe gelê het.

Naomi Maree, geliefde skrywer van Vanderbijlpark, neem jou met een van haar nuutste romans, Juweel van die Kaap, op ‘n reis vanuit Europa tot in die hartjie van die vryburgerboere se luukse plase. Isobel Mansard het alles verloor wat vir haar belangrik was in Holland, gaan sy haar kind en dalk ook weer geluk vind aan die suidpunt van Afrika?
Hierdie is ‘n skoene uitskop, gemaklik terugsit met ‘n paar versnapperinge en ‘n warm beker koffie boek. Onstpan en geniet. Jy sal nie spyt wees nie. Aanlyn beskikbaar by Amazon Kindle of bestel ‘n sagteband op die skrywer se facebookblad @AfrikaanseStories teen R140 per boek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
