Local newsNewsNews
Motorfietsryer ernstig beseer op Barrageweg
VANDERBIJLPARK. - Die naweek het sleg begin met 'n motorfietsryer wat vanoggend ernstig beseer is toe hy met 'n bakkie op die Barrageweg naby die Stephanopark-kleinhoewes in 'n ongeluk betrokke was.
Die bestuurder van die motorfiets is glo ‘n lid van die bekende Mac’s Motorfietsklub van die dorp. Sy identiteit, asook die van die bestuurder van die voertuig wat in die ongeluk betrokke was, kon nog nie bevestig en bekend gemaak word nie. Wat tot die oorsaak van die ongeluk gelei het, asook hoe ernstig die betrokkenes beseer is, is ook nog nie bekend nie.
ER24 se nooddienspersoneel is reeds na die ongelukstoneel ontbied en daar was reeds verkseie omstanders wat hulp probeer verleen het. Van die ander lede van die motorfiesklub was ook op die toneel.
Meer inligting sal later veskaf word soos wat ontvang word.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
