Die 'lockdown-fotograwe' is behoorlik ingestel op die omgewing rondom hulle en mis nie sommer 'n goeie foto nie - of dit nou by die huis, in die natuur of op die snelweg is!
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie interessante foto op die snelweg geneem - 'n hele vrag vol "mooi".
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die afgelope week se Vaalweekblad (29 Julie) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Sonja Jordan van Daleside het die mooi foto geneem.Stephanie Strydom from Vanderbijlpark calls this photo “Double Delight” due to the two different coloured lady birds.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het hierdie mooi foto in die tuine van Badplaas geneem.Amanda Vermeulen het die mooi foto van Johor in Maleisië geneem terwyl die son sak. Amanda is een van die drie internasionale “lockdown-fotograwe” wat gereeld foto’s op die blad deel.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto van die vlamme geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld, wat tans in Stellenbosch kuier, het die mooi foto geneem.Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die mooi landskapfoto geneem.Dave Henderson, oud-Vaaldriehoeker, het die pragtige foto op sy plaas Deelfontein naby Bloemfontein geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die kunstige monochroom foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die foto van ‘n kunsversiering op ‘n koek geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het hierdie mooi landskapfoto op ‘n mistige oggend geneem.Adriaan Dewaal (15) van Belfast het hierdie pragtige makro foto geneem.“Some see a weed, some see a wish”- Hennie Coetsee van Meyerton het die kunstige foto geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het met die sonlig gespeel om die foto te neem.“Mistroostige dag in Mosselbaai”- Janine van Blerk het die pragtige foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie pragtige monochroom foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige landskapfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Mattithyah van der Merwe het die mooi landskapfoto uit die Kaap met ons gedeel.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.Madré Fourie van Vanderbijlpark het hierdie betowerende sonsondergang foto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto tydens ‘n see-vakansie geneem.Pikkie Marais van Vaalpark het hierdie asemrowende sonsondergang foto met ryk kleure geneem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za