Local newsNewsNews

Die ‘show’ moet voortgaan!

Daar is goeie nuus vir die kunste - die jaarlikse Del Arte Eisteddfod gaan voort, al moet dit dan virtueel wees ... maar “the show must go on”.

“Vir nou is dit die nuwe normaal en hoewel groep items nie kan plaasvind nie, kan alle individuele items net soos in die verlede geakkommodeer word, sowel as ‘n paar nuwe interessante items,” sê die organiseerders.
Die organiseerders verdien volpunte vir hulle benadering tot die omstandighede waarin die mensdom hom tans bevind. Die virus het hulle gedwing om anders te dink en hulle het ‘n nuwe uitweg gevind. Moet dus nie wag nie, neem deel aan hierdie historiese kompetisie.
Die volledige kompetisievlakke en items waarvoor ingeskryf kan word, asook die reëls is op hul Facebookblad Del Arte Eisteddfod beskikbaar.

In kort sal dit so werk:
Elke deelnemer of sy/haar afrigter, stuur ‘n video van een item op ‘n slag via WhatsApp of e-pos volgens gegewe datums: Dans: Inskrywings open vanaf 5 Oktober tot 7 Oktober.
Drama: Inskrywings open vanaf 12 Oktober tot 9 November.
Musiek: Inskrywings open vanaf 12 Oktober tot 14 Oktober.
Model: Inskrywings open vanaf 16 November tot 18 November.
Kuns: ‘n Inskrywingsdatum sal op ‘n latere stadium deurgegee word.
WhatsApp inskrywings kan ook gestuur word.
Gebruik die WhatsApp knoppie bo-aan “page”.
E-pos inskrywings kan gestuur word aan delarteeisteddfod@gmail.com
* Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button