Local newsNewsNews

Klub maak plan met fotografie-aande

Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging is soos die res van die land tans in ‘n grendelstaat, en daar moes aanpassings gemaak word om sake te kan voortsit. In stede van ‘n gewone klubaand vir beoordeling van foto’s, moes die drie beoordelaars afsonderlik in hul eie wonings beoordelings doen, waarna die punte bymekaar gereken is.

Nie al die wenfoto’s kon op die blad vertoon word nie, omdat van die foto’s se formaat nie geskik was vir die program nie en hul komposisie dan te veel belemmer word, wat afbreek aan die wenfoto’s sou doen.

In die kreatiewe-afdeling was Johan Enslin se foto “Cast in Stone” die senior-wenfoto en algehele wenfoto van Junie maand.
Die kreatiewe junior-afdeling (1 tot 3 Ster) was Rika Schoeman (1 Ster) se “Volmaan” die wenfoto.
In die ope-afdeling waar enige foto ingeskryf mag word, was senior wenner (4 Ster en hoër) Jan Jacobs se “Chevron” en in die junior-afdeling was Rosie de Jager se “Smile while you still have teeth” die wenfoto. In die monochroom-afdeling was Francois Roux (Diamant Meesterfotograaf en president van die Fotografiese Vereniging van Suid-Afrika) die wenner met “Perdehanteerder”. Die junior-wenfoto was Neville Hein se “Otjie Potjie Vette Vark”.
In die mini-reeks-afdeling was Mietsie Visser se “Parende Rooipootelsies” die wenreeks.
Al die wenfoto’s kan op die klub se amptelike webtuiste, www.vdbp-photo.org besigtig word.
Onder normale omstandighede kom die klub maandeliks byeen op die kampus van die Noordwes-Universiteit in die Sentrum vir Telematiese Leer, Samancor-ouditorium in Vanderbijlpark.
Belangstellendes wat by die klub wil aansluit kan Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za kontak.
Besoek gerus die klub se webtuiste https://www.vdbp-photo.org en Facebookblad, VdbpPhotoClub.

Francois Roux se “Perdehanteerder”.
In die mini-reeks-afdeling was Mietsie Visser se “Parende Rooipootelsies” die wenreeks.
Neville Hein se “Otjie Potjie Vette Vark”.
an Jacobs se “Chevron”. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Rika Schoeman se “Volmaan”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button