Motorfietsryer ernstig beseer op R42 (Barrageweg)
VANDERBIJLPARK. – ’n Motorfietsryer in sy vyftigs het Saterdagoggend ernstige beserings opgedoen in ’n ongeluk met ’n ander voertuig op die R42 (Barrageweg) in Vanderbijlpark. Volgens Ineke van Huyssteen, ’n woordvoerder vir die ER24-ambulansdiens, het noodhulpbeamptes met aankoms by die toneel omstreeks 10:00 die motorfietsryer in ’n veld langs die pad sien lê. “Die man …
VANDERBIJLPARK. – ’n Motorfietsryer in sy vyftigs het Saterdagoggend ernstige beserings opgedoen in ’n ongeluk met ’n ander voertuig op die R42 (Barrageweg) in Vanderbijlpark.
Volgens Ineke van Huyssteen, ’n woordvoerder vir die ER24-ambulansdiens, het noodhulpbeamptes met aankoms by die toneel omstreeks 10:00 die motorfietsryer in ’n veld langs die pad sien lê.
“Die man het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na die Mediclinic Emfuleni geneem is vir verdere behandeling,” vertel Van Huyssteen.
Twee mense van die voertuig wat in die botsing met die motorfiets was het ook beserings opgedoen.
Die presiese omstandighede waaronder die ongeluk plaasgevind het is tans onbekend.

