Nog 'n naweek het verby gevlieg, maar die naweek is nie heeltemal verby voordat die "lockdown-fotograwe" se mooi foto's gedeel is nie. Hier is vandag se prag-versameling.
Die aap is uit die mou - die naweek is daarmee heen. Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto geneem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 10de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in hierdie week se Vaalweekblad (5 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Dave Henderson, oud-Vaaldriehoeker, het die pragtige landskapfoto op sy plaas Deelfontein naby Bloemfontein geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die kunstige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton, ‘n meester agter die kamera, het hierdie pragtige foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige natuurfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige makro foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het hierdie mooi landskapfoto geneem.Magda Vermeulen van Vereeniging het die pragtige sonsondergang naby Heron Banks in Vaalpark geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi sonsondergang foto geneem.Sonja Jordan van Daleside het die foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere in Vereeniging het die foto van die “doringrosies” geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die silhouette foto van die Janfiskaal met ‘n wurm in die bekkie geneem.Bennie Henning van Germiston het die pragtge wildfoto geneem.Danie Nel van Parys het hierdie pratige foto geneem.Amanda Vermeulen het die mooi foto van Johor in Maleisië geneem. Amanda is een van die drie internasionale “lockdown-fotograwe” wat gereeld foto’s op die blad deel.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld, wat tans in Stellenbosch kuier, het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za