Local newsNewsNewsBreaking News
Talle beseer toe minibus met bakkie bots
MEYERTON. – Die ER24-ambulansdiens sê dertien mense het geringe beserings opgedoen toe ’n minibus Saterdagmiddag met ’n bakkie gebots het in Wielbachstraat in Meyerton. Volgens Ineke van Huyssteen, ‘n woordvoerder vir ER24, het nooddiensbeampte ongeveer 16:00 by die toneel opgedaag en talle van die taxi se passasiers buite die voertuig aangetref. “Altesaam dertien mense het …

MEYERTON. – Die ER24-ambulansdiens sê dertien mense het geringe beserings opgedoen toe ’n minibus Saterdagmiddag met ’n bakkie gebots het in Wielbachstraat in Meyerton.
Volgens Ineke van Huyssteen, ‘n woordvoerder vir ER24, het nooddiensbeampte ongeveer 16:00 by die toneel opgedaag en talle van die taxi se passasiers buite die voertuig aangetref.
“Altesaam dertien mense het minder ernstige beserings opgedoen. Die bestuurder van die bakkie het nie beserings opgedoen nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
