So op die Maandag aan die begin van 'n nuwe maand, spog die "lockdown-fotoblad" met nuwe, vars, jong talent. Die 17-jarige J.C. van der Walt, 'n leerling aan die HS Overvaal in Vereeniging, is die nuutste aanwins en ons sien uit na die foto's wat hy met ons gaan deel.
Die 17-jarige J.C. van der Walt van Vereeniging, 'n leerling aan die HS Overvaal, is die nuutste lid op die "lockdown-fotoblad". J.C. het sy niggie model laat speel om die mooi foto te neem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 10de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in hierdie week se Vaalweekblad (5 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Madré Fourie van Vanderbijlpark het hierdie pragtige natuurfoto van die hottentotsgot geneem.Mattithyah van der Merwe het die mooi landskapfoto uit die Kaap met ons gedeel.Nico Potgieter van Vanderbijpark het die pragtige, kleurryke makro foto geneem.Stephanie Strydom van Vanderbijlpark het die kunstige foto van die spinnekop geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die treffende landskapfoto geneem.Razelle Nortjé van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige landskapfoto geneem.Die talentvolle Adriaan Devaal (15) van Belfast het die makro foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere in Vereeniging het die pragtige foto op ‘n plaas in die Kalahari geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van die voëltjies in vlug geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die landskapfoto geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die kunstige monochroom foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld, wat tans in Stellenbosch kuier, het die pragtige foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die foto van die kunsblomme geneem.Bennie Henning van Germiston het die sonsondergang oor Southcrest geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die super skerp foto van die maan op 1 Augustus 2020 geneem.Dave Henderson, oud-Vaaldriehoeker, het die pragtige foto op sy plaas Deelfontein naby Bloemfontein geneem.Hennie Posthumus van Boksburg het die mooi foto van Vaaldam by Oranjeville geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto op die Wonderfonteinpad geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za