Gasreus stel sy prag in die naghemel ten toon
VEREENIGING . – Die planeet Jupiter – die grootste planeet in ons sonnestelsel – vertoon tans baie helder in die naghemel. Selfs in die Vaaldriehoek, wat weens vuil lug nou nie eintlik as ’n sterrekyk-mekka beskou word nie, is dit steeds ’n prag om te aanskou! In Augustus is dié planeet, die aarde en die …
VEREENIGING . – Die planeet Jupiter – die grootste planeet in ons sonnestelsel – vertoon tans baie helder in die naghemel.
Selfs in die Vaaldriehoek, wat weens vuil lug nou nie eintlik as ’n sterrekyk-mekka beskou word nie, is dit steeds ’n prag om te aanskou!
In Augustus is dié planeet, die aarde en die son in lyn en sal Jupiter in die ooste opkom sodra die son in aan die westekant sak.
Die planeet is feitlik heel nag sigbaar wat beteken dat dit ’n gulde geleentheid vir sterrekykers bied om die planeet te bestudeer.
Met behulp van ’n verkyker of teleskoop sal jy ook maklik die gasreus se talle mane om hom kan sien.
Volgens die Noord-Amerkaanse ruimeteagentskap NASA reken wetenskaplikes dat die planeet wat uit gas bestaan altesaam 67 mane het, waarvan Ganymede, Callisto, Io en Europa die grootstes is.
Die planeet is na die Romeinse god Jupiter, die koning van die gode vernoem.
Volgens NASA is die radius van die gasreus 11 keer dié van die aarde en sou meer as 1 300 planeet aardes in Jupiter kon pas.
*Kyk ook uit vir Saturnus, ’n taamlik gelerige ster net onder Jupiter, wat tans ook baie helder in die naghemel vertoon.


