Local newsNewsNewsBreaking News

Steratleet van Transvalia nommer een in 800m

VANDERBIJLPARK. – ’n Steratleet van die Hoërskool Transvalia word op 14-jarige ouderdom reeds as een van die top-atlete in Suid-Afrika in beide die 800m en 1 500m baanitems in haar ouderdomsgroep gereken. Marli Dimond spog na afloop van vanjaar se Puma School of Speed byeenkoms, wat op 29 Februarie by die Bestmed Tuks Stadion in …

VANDERBIJLPARK. – ’n Steratleet van die Hoërskool Transvalia word op 14-jarige ouderdom reeds as een van die top-atlete in Suid-Afrika in beide die 800m en 1 500m baanitems in haar ouderdomsgroep gereken.

Marli Dimond spog na afloop van vanjaar se Puma School of Speed byeenkoms, wat op 29 Februarie by die Bestmed Tuks Stadion in Pretoria gehou is, met persoonlike beste tye van 2:09.53 vir die 800m en 4:32.06 vir die 1 500m.

Volgens Marli se afrigter, Johan Britz, besorg dié skitterende tye haar die nommer een posisie in die 800m sub-jeug-afdeling vir dogters (tussen 14 en 17 jaar) in Suid-Afrika.

Marli was in April ook 14de op die wêreldranglys in die 800m (in die ouderdomskategorie vir vroue atlete tussen die ouderdomme van 16 en 17) nadat sy dogters veel ouer as sy op die baan uitgestof het.

Haar tyd in die 1 500m besorg haar nasionaal ’n tweede plek in haar eie ouderdomsgroep (dogters o.16) en derde in die sub-jeug afdeling (dogters tussen 14 en 17),” verduidelik Johan.

Marli het reeds haar atletiektalent as laerskoolleerling by Laerskool Risiville ontdek. Haar liefde vir atletiek het ontwikkel deur saam met haar ouer suster Shané te gaan oefen toe sy nog klein was.

Sy het aanvanklik by die afrigter, Carien Scott, aangesluit en dieselfde jaar goud behaal, sowel as talle ander prestasies.

Marli het onder meer twee nasionale rekords verbeter – een in die 1 200m vir dogters o.10 (03:53:89) en een in die 1 200m vir dogters o.11 (03:47.02).

Sy het ook medaljes in landloop verower.

Op 12-jarige ouderdom het sy by die bekroonde plaaslike afrigter Johan Britz begin oefen, waar sy nou reeds langer as twee jaar oefen.

In Marli se o.13 jaar het sy goud verower by die Suid-Afrikanse Skol Atletiekbyeenkoms in die 1 500m (3:45.38) en ’n jaar later het sy ook goud by die Atletiek Suid-Afrika se Interprovinsiale Kampioenskap in die 800m verower.

Volgens Johan oefen Marli hard, soms 5 tot 6 dae ’n week.

Volgens hom val die klem egter op kwaliteit in plaas van kwantiteit.

“Sy geniet dit om te oefen en geniet elke oomblik daarvan. Sy raak soms moeilik as sy nie kan oefen nie,” vertel hy skertsend.

“Marli deins ook nie terug vir harde werk nie en met tydtoetse is sy nie bang om die seuns te jaag nie,” sê Johan.

Haar beste plek om te oefen is saam met haar maats in die oefengroep, en as sy ‘n gunsteling oefenplek moet kies is dit by die see – verkieslik Kleinmond waar sy elke Desember aan haar fiksheid werk.

Marli se rolmodel is Nicole Louw, ’n atleet van Sasolburg wat Suid-Afrika al sewe keer verteenwoordig het (en ook eers by Johan Britz geoefen het) en Gerda Steyn, die fenominale Comrades-atleet.

Haar lewensmotto is: “Why be the next someone when you can be the first you?” Sy droom daarvan om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem en ‘n medalje te verower.

“My persoonlike voorspelling vir Marli is dat sy reeds as 18-jarige in 2024 vir die Olimpiese Spele gaan kwalifiseer,” sê Johan.

Marli Dimond in aksie in die 800m. Foto: Verskaf
Marli Dimond (regs) saam met afrigter Johan Britz (middel) en Vereeniging Gimnasium se uitblinker langasem, Jason Bowers (links). Beide Marli en Jason oefen by Johan. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button