Local newsNewsNews

Tydsberekening nodig vir foto wenresep

Daar is baie faktore wat bydra tot ‘n goeie foto, waarvan geduld en goeie tydsberekening beslis twee is. Hier is vandag se puik foto-versameling waarvan baie van die foto’s aan veral die twee faktore voldoen. Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die …

Daar is baie faktore wat bydra tot ‘n goeie foto, waarvan geduld en goeie tydsberekening beslis twee is. Hier is vandag se puik foto-versameling waarvan baie van die foto’s aan veral die twee faktore voldoen.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 10de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in hierdie week se Vaalweekblad (5 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die mooi foto in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. Hierdie was op ‘n uitstappie na Granville Island.
Die is nog een van die interessante foto’s wat oud-Vaaldriehoeker, Dave Henderson, op sy plaas Deelfontein naby Bloemfontein geneem het, nadat die sproeiers een aand oop vergeet was.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die pragtige landskapfoto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijpark het die foto van “Gino” die gemmerkat geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi dromerige foto van die wolke geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi natuurfoto van die bome geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi landskapfoto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem.
“Nou gaan daar vuur gemaak word” – nuweling J.C. van der Walt (17) van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige natruurfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê). Karin is een van die drie internasionale lede wat gereeld foto’s op die “lockdown-blad” deel.
Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Mattithyah van der Merwe het die oulike foto van haar viervoetkinders uit die Kaap met ons gedeel. Lyk of die “kinders” planne het om iewers te gaan kuier.
Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie kunstige monochroom foto geneem.
Bennie Henning van Germiston is ‘n waaghalsige fotograaf wat hierdie nabyfoto van die leeuwyfie geneem het.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het hierdie mooi natuurfoto geneem.
Lizette Kuhn van Sasolburg het hierdie mooi foto by die viswaters geneem.
Danie Nel van Parys het hierdie mooi waterval afgeneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het hierdie mooi natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button