Local newsNewsNews

Die kat kom weer

VANDERBIJLPARK. – Dit het so twee weke terug begin. Die gekattemaai al om die huis in die nag. Ons het nie katte nie en die wit leeus (die pekingnesies) slaap in die huis. Het maar die lawaai geignoreer. In laasweek werk Ma toe weer in die tuin. Doer voor in die hoek by die muskiet-dammetjie …

VANDERBIJLPARK. – Dit het so twee weke terug begin. Die gekattemaai al om die huis in die nag. Ons het nie katte nie en die wit leeus (die pekingnesies) slaap in die huis. Het maar die lawaai geignoreer. In laasweek werk Ma toe weer in die tuin. Doer voor in die hoek by die muskiet-dammetjie wat ons nog gaan leegmaak. Dis toe dat sy Die Kat sien. ‘n Gryse. Oor katte het Ma altyd twee dinge te sê: “Ek haat ‘n kat,” en “Ek is allergies vir katte”. Maar so het Ma ook ‘n sagte hart…

Was ook nie lank nie toe word daar ‘n bakkie skoon water en kos vir Die Kat uitgesit. Op ‘n stadium gaan ons winkel toe en Ma hak wraggies vas voor die katkosrak. Sy mik vir ‘n 2.5 kg, maar dit was voor pay day so ek sit toe voet dwars neer en Ma moet tevrede wees met drie kleiner pakkies sagte kos…. vir klein katjies. Kat lyk vir my al uit sy ergste baba en kleuter dae, maar Ma stem nie saam nie.

Volgende dag is Die Kat nie meer in die voortuin nie. “Ek wonder waar is my kat?” sê Ma. “Terug na sy eie huis toe” sê Pa. Later die middag kyk ek by die agterdeur uit en daar sien ek ‘n groot grys kat met Die Kat agterna op die woonstelblok agter die erf se trappe. “Ma se kat is op die trap”, laat weet ek verder die huis in. Ma kom in, maar katte is toe al weg. Ek beduie van die groot grys kat en Die Kat. “Siestog, dan is dit seker sy ma wat hom kom haal het” sê Ma tevrede.

Dit was toe nie die laaste sien van Die Kat nie… Waar hy of sy (ek weet nie) vandaan kom en aan wie dit behoort sal ek nou nie kan sê nie. Maar, so twee maal per dag, gaan sit Die Kat doodstil by die bak waar ons altyd vir die duiwe kos gee en wag. Nie om ‘n duif te vang nie, maar vir Ma of Pa om kos te bring. Sodra hulle uitgaan, spring hy in die boom en wag totdat hul terug in die huis is. Dan loop hy doodluiters en drink eers water uit die honde se buite bak (honde is meestal in die huis), voordat hy op die tafel spring en lekker eet. Dan raak Die Kat weer weg… tot die volgende etenstyd. En ja… ek het toe maar die 2.5 kg katkos vir “kittens” gekoop.

Nog ‘n foto van Die Kat. Foto’s:Gerda Bruinette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button