Local newsNewsNews

Middel-van-die-week se prag-foto’s

Hier is vandag se middel-van-die-week foto-versameling. Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk …

Hier is vandag se middel-van-die-week foto-versameling.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 10de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in vandag se Vaalweekblad (5 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Eileen Pretorius van Alberton het die mooi kunstige foto geneem.
J.C. Van der Walt (17) Vereeniging het die mooi foto geneem.
Hanti Pretrorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto tydens haar tyd in Suid-Afrika geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
“Perdeliefde” – Nelene Opperman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die zebras geneem.
Thys Eigenhuis van Vereeniging het die interessante foto van die lokomotief geneem.
Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Elouise Rudd Slier van Vaalpark het die mooi foto geneem van die son wat deur die takke loer.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die duifies geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die mooi foto van die rivier geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die voëls wat aan ‘n appel weglê geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld wat tans in Stellenbosh kuier het die pragtige foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van die hondjies geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button