Local newsNewsNewsBreaking News

Ondersoek nadat twee sussies raaiselagtig in stort sterf

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark polisie ondersoek ’n geheimsinnige insident waartydens twee kinders van Bophelong Sondag tragies dood is terwyl hulle glo ’n stort geneem het. Volgens sers. Gertrude Makhale, ’n woorvoerder van die polisie in Vanderbijlpark, was die twee sussies besig om te stort toe die eienaar van die huis onraad vermoed het omdat dit …

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark polisie ondersoek ’n geheimsinnige insident waartydens twee kinders van Bophelong Sondag tragies dood is terwyl hulle glo ’n stort geneem het.

Volgens sers. Gertrude Makhale, ’n woorvoerder van die polisie in Vanderbijlpark, was die twee sussies besig om te stort toe die eienaar van die huis onraad vermoed het omdat dit skielik stil geraak het.

“Die eienaar van die huis het sy seun gestuur om te gaan kyk of die susters nog reg is. Hy het toe besef dat iets nie reg is nie.”

Volens Makhale is die slagoffers na ’n plaaslike hospitaal geneem. Hulle is met aankoms dood verklaar.

Volgens Makhale word daar gewag op die uitslae van ’n nadoodse ondesoek. Sy het benadruk dat die polisie in hierdie stadium geen vuilspel vermoed nie en gevra dat die Vanderbijlpark polisie toegelaat word om die ondersoek te voltooi.

Vaalweekblad het navrae oor die voorval aan die polisie gerig nadat dit vroeër aan lig gekom het dat die eienaar van ‘n plaaslike gaswinkel blykbaar deur die polisie ondervra is in verband met die insident.

Daar word beweer dat die eienaar van die huis ’n kampgeyser in die badkamer geplaas het tydens ’n kragonderbreking.

Twee kinders is raaiselagtig dood terwyl hulle besig was om te stort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button