Local newsNewsNews

Fotoblad: Kyk my nuwe haarstyl!

Die natuur sorg altyd vir puik foto geleentheid en die “modelle” is soms so karaktervol dat jy sonder om hard te probeer ‘n pragtige foto kan kry. Dit is natuurlik ‘n bonus as dit ‘n “good hair day” vir die model ook is. Monica Warren, wat dit veral geniet om voëls af te neem, was …

Die natuur sorg altyd vir puik foto geleentheid en die “modelle” is soms so karaktervol dat jy sonder om hard te probeer ‘n pragtige foto kan kry. Dit is natuurlik ‘n bonus as dit ‘n “good hair day” vir die model ook is. Monica Warren, wat dit veral geniet om voëls af te neem, was gelukkig om so ‘n “model” teë te kom. Geniet ook die ander pragtige bydraes.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 10de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se Vaalweekblad (5 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die mooi makro foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto van die geveerde vriendjie geneem.
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die kiewiet geneem.
Rico Bester van Kempton Park het die pragtige foto naby Heidelberg geneem. Hy het moeite gedoen en op die regte oomblik die foto geneem toe die treinspore rooi gegloei het terwyl die son sak .
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie interessante foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van die mannetjie wat “vlerk sleep” geneem.
Sané Swart van die plaas Langkuil in Odendaalsrus het die mooi sonsondergang foto geneem.
Amanda Vermeulen in Johor, Maleisië het die mooi monochroom foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld, wat tans in Stellenbosch kuier, het die mooi foto geneem.
Danie Nel van Parys mis ook die Wildtuin en het die monochroom foto uit sy afgiewe gedeel.
Hennie Posthumus van Boksburg het die mooi foto van Vaaldam in Oranjeville geneem.
Die 17-jarige J.C. van der Walt van Vereeniging sê hy het tydens ‘n hengeluitstappie meer op foto’s neem as “visvang” toegespits.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi mooi foto tydens haar inperkingtyd in Standerton geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi donker monochroom foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die plaashek geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi sonsondergang foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die pou kuikentjie geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button