Local newsNewsNews

Foto’s van regoor SA en selfs drie ander lande

Hier is vandag se propvol-versameling deur fotograwe van regoor die land (die Vaal tot in die Kaap) en selfs foto’s uit Kanada, Maleisië en Andorra (‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê). Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die …

Hier is vandag se propvol-versameling deur fotograwe van regoor die land (die Vaal tot in die Kaap) en selfs foto’s uit Kanada, Maleisië en Andorra (‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 10de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se Vaalweekblad (5 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die mooi foto van die skulpe geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem.
Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië, het die pragtige straattoneel foto geneem.
Bo en onder: Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld, wat tans in Stellenbosch kuier, het die mooi foto’s van ‘n vervalle gebou geneem.
Die murasie van nader afgeneem (Foto: Bernard du Toit). 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi straattoneel foto tydens ‘n winkeluitstappie na Granville Island geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie mooi landskapfoto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto geneem.
Die 17-jarige J.C. van der Walt van Vereeniging, ‘n leerling aan die HS Overvaal, het sy niggie model laat speel om die mooi foto te neem.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die Vaalrivier met sonsondergang geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi landskapfoto, wat sy in Knysna geneem het, met ons gedeel.
“Ek sien jou”- Monica Warren van Richardsbaai het die mooi monochroom foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Die kunstige Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die oulike foto op een van haar oggenduitstappies geneem.
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Johan van der Merwe het die mooi foto van die sonopkoms oor Vaaldam geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button