ADK-dramaskool ‘pronk’ met studente
VANDERBIJLPARK. – ADK Drama & Film het rede om trots te wees. Drie senior studente het hul Aardklop Pronk Podium-produksies “geskiet”. By hierdie landwye virtuele kompetisie gaan die beste produksies op nasionale televisie verskyn. Die drie talentvolle jong kunsstudente is: Petroné van der Merwe (22) – sy het haar dramastudies aan ADK voltooi, waarna sy …
VANDERBIJLPARK. – ADK Drama & Film het rede om trots te wees. Drie senior studente het hul Aardklop Pronk Podium-produksies “geskiet”. By hierdie landwye virtuele kompetisie gaan die beste produksies op nasionale televisie verskyn.
Die drie talentvolle jong kunsstudente is:
Petroné van der Merwe (22) – sy het haar dramastudies aan ADK voltooi, waarna sy by die New York Film Academy haar diploma in film toneelspel verwerf het.
Rachelle Lourens (22) – sy is ‘n finale jaar ADK dramastudent. Met haar B.A.-graad in Kommunikasie, waar sy meer in film spesialiseer, bied sy en Petroné van der Merwe saam film werkswinkels aan. Sy is die ook die kommunikasiebestuurder en bemarker van ADK.
Jay-Dee Conradie (22) – hy is tans besig met sy ADK studies en is verlede jaar as die beste opkomende akteur by Aardklop aangewys en was ook die wenner van Pronk Podium 2019.
Die ADK het ook ses tienerstudente wat aan die ATKV Tienertoneel deelneem. Hulle deelnames is die afgelope Donderdag by Kunstedraai opgeneem. Dit is ‘n landwye virtuele kompetisie.
Die wenners van dié kompetisie gaan in ‘n TV-produksie saam met van die land se bekendste akteurs te sien wees – hoe opwindend is dit nie?
Weens die pandemie het ADK besluit om kultuur lewendig te hou deur in Augustus ‘n virtuele kunsfees aan te bied. ADK Dramaskool bied deeltydse dramaklasse aan vir junior, tiener en senior studente. Die skool spog met 11 takke landwyd en is geakkrediteer by Cathsseta. Drama as matriekvak (NQF vlak 4) word privaat en by die onderskeie dramaskole aangebied.


