Local newsNewsNews

Spesiaal vir die ‘mooiste blomme’ op Vrouedag

Hier is vandag se foto-versameling spesiaal vir Vrouedag. Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by …

Hier is vandag se foto-versameling spesiaal vir Vrouedag.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 11de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn weer in Woensdag se uitgawe van  Vaalweekblad (12 Augustus). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Hierdie pragtige foto is deur Monica Warren van Richardsbaai geneem.
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi stillewe foto geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die mooi foto van skulpe geneem.
Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die pragtige foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld, wat tans in Stellenbosch kuier, het die mooi foto geneem.
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi straattoneel foto geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem terwyl sy tydens die inperking in Suid-Afrika in Standerton was. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Karin Cronjé het dié foto vanuit Andorra gedeel. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die monochroom foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi landskapfoto, wat sy gister in Knysna geneem het, met ons gedeel.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto van haar kleindogter, Karli Roos en Boeboe, wat 10 jaar gelede by die DBV aangeneem is, geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto by die Ecopark geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button