Eienaar van karavaan praat
VEREENIGING. – Die eienaar van ’n karavaan wat nou al vir dae lank langs Ringweg in Duncanville (oorkant Checkers) staan sê sy is nie ’n plakker nie maar verkoop wegneemetes vanuit die karavaan. Vaalweekblad het by die eienaar van die karavaan gaan aanklop nadat mense bespiegel het dat sy daar plak. ‘n Inwoner …
VEREENIGING. – Die eienaar van ’n karavaan wat nou al vir dae lank langs Ringweg in Duncanville (oorkant Checkers) staan sê sy is nie ’n plakker nie maar verkoop wegneemetes vanuit die karavaan.
Vaalweekblad het by die eienaar van die karavaan gaan aanklop nadat mense bespiegel het dat sy daar plak.
‘n Inwoner van die Arcon Heights woonstelkompleks oorkant die straat was het vroeër bekommerd oor die karavaan en beweer dat hulle besig was om ‘n tent daar op te slaan.
“Voor ons ons oë uitvee is hierdie ‘n nuwe plakkerskamp of gratis karavaanpark,” het die inwoner op Facebook geskryf.
Maar die eienaar van die karavaan, wat nie haar identiteit wou verstrek nie, sê sy is ’n inwoner van Duncanville wat erg deur deur die Covid-10-pandemie en gepaardgaande staat van inperking getref is.
“Ek het onlangs my werk verloor. In plaas van om by die huis te sit het ek gedink dat ek geld kan verdien deur wegneemetes aan verbygangers te verkoop.
“Ek het hierdie plek gekies omdat dit langs ’n besige pad is waar baie mense beweeg.”
Hoewel die karavaan al vir die afgelope drie dae daar staan het die vrou glo op Woensdag 12 Augustus die eerste keer kos verkoop.
Sy het gesê dat dinge so ver belowend lyk.

