Plaaslike fotograaf, Johan Froneman van Vanderbijlpark, was vir 'n wyle uit "foto neem aksie", maar hy is nou weer volstoom aan die gang en word hartlik terug verwelkom op die fotoblad. "Die laaste twee maande moes ek tyd afstaan aan 'n skielike huistrek, my vrou wat geval en 'n operasie gehad het en ander huispligte, maar nou kan ek weer foto's neem," sê Johan.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 11de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in gister se uitgawe van Vaalweekblad (12 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
June Barlett van George het die pragtige lankskapfoto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die kunstige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem. Sy sê sy het geduldig gewag vir net die regte oomblik.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi landskapfoto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi natuurfoto uit ‘n laehoek geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het hierdie natuurfoto geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi natuurfoto geneem.Verona Geyser (18) van Vereeniging, ‘n leerling aan die HS Overvaal, het die pragtie natuurfoto geneem.Thys Eigenhuis van Vereeniging het die mooi foto by Golden Gate geneem.Veronica Viljoen van Glen Donald net buite Vereeniging, het die mooi foto van haar hondjie Spotty geneem.Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige foto met die besondere wolke geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto geneem.Amanda Vermeulen van Johor, Maleisië het die pragtige natuurfoto geneem.Bennie Henning van Germiston het hierdie pragtige foto van ‘n Wildebees by die Lions & Safari Park geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die interessante foto tydens vakansie aan die Weskus geneem. Hy verwys spottend na die foto as “gastehuisie by die see”.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Granville Island geneem.“Drieling van Deelfontein?”- Dave Henderson van die plaas Deelfontein naby Bloemfontein het die mooi foto geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie pragtige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto van ‘n outydse kamera geneem.Jacques de Lange van George het mooi foto van die pragtige Proteas geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za