Local newsNewsNews

Soektog na unieke ’polisie’ motor

VEREENIGING. - 'n Plaaslike inwoner het onlangs 'n baie interessante motor by die verkeerslig-kruising naby Magic Lawns gewaar, en Vaalweekblad het besluit om met die soektog na die interessante motor te help.

Eddie Pelser van Vereeniging  beskryf die voertuig as ‘n ‘vintage’ motor. “Ek kon nie agterkom wat se voertuig dit was nie, maar dit is opgemaak soos ‘n Amerikaanse polisievoertuig, kompleet met ligte op die dak,” sê Eddie.

Kort na hy oor dié spesifieke motor op Vaalweekblad se Facebookblad navraag gedoen het, het iemand ‘n foto (hooffoto) gedeel. Eddie sê egter dat die motor ook vir hom mooi en interessant is, maar dat dit nie die voertuig is wat hy gesien het nie. Die een wat hy gesien het, het die nuwe soort ligte dwars oor die dak , amper soos die huidige Amerikaanse polisie-voertuie. Vaalweekblad het egter inligting oor die voertuig op die foto ontvang – dit het behoort, of behoort steeds aan twee broers van Pretoria wat die voetuig uitgestal het. Die voertuig was glo later te koop gewees.

  • Het iemand enige inligting oor die voertuig wat Eddie gesien het, of dalk weet aan wie dit behoort? Vaalweekblad sal graag met die eienaar wil kontak maak vir ‘n berig. Ons glo baie van ons lesers sal belangstel om meer oor die interessante voertuig te lees. Stuur asb. ‘n kontaknommer of enige inligting na elsje.vermeulen@media24.com of skakel 083 417 1059.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button