Local newsNews

Agterplaas word rioolplaas

VANDERBIJLPARK. – Die inwoners van 17 Tennyson straat in Cw6 is op moedverloor se vlakte. Volgens Andries Oosthuizen is hy raadop met die riool wat in sy erf ophoop. “Ons het dit al orals aangemeld, maar kry geen hulp. Ek is raadop. Ek kan nie eers my gras sny nie. My kinders Juan-dre (12), Juavan …

VANDERBIJLPARK. – Die inwoners van 17 Tennyson straat in Cw6 is op moedverloor se vlakte. Volgens Andries Oosthuizen is hy raadop met die riool wat in sy erf ophoop. “Ons het dit al orals aangemeld, maar kry geen hulp. Ek is raadop. Ek kan nie eers my gras sny nie. My kinders Juan-dre (12), Juavan (8) en Lizandri (3) kan nie eers buite speel nie,” sê Oosthuizen.

Volgens hom  word drie huise in sy straat deur die probleem geaffekteer. “Die ouens het self probeer plan maak deur wegvoerslote te grou maar dit help niks nie,” sê hy moedeloos. Die reuk is glo ondraaglik en hy is verder bekommerd dat dit ‘n gesondheidsrisiko vir sy gesin inhou. * Vaalweekblad het die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) om kommentaar genader en wag vir terugvoering.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button