Local newsNews
Mag die gholfballe reg val
Leomand Jacobs is kaptein van die NWGU-span wat van 28 September die beste jong gholfspelers in SA aandurf.
VANDERBIJLPARK – Die Nomads U13 Championship 2026 vind van 28 – 30 September by die Goose Valley Golf Club in Plettenbergbaai plaas.
Een van die Vaaldriehoek se jong gholfsterre, Leomand Jacobs, is deel van die Noordwes Gholf Unie-span wat ander provinsiale spanne gaan aandurf.

Die NWGU-span bestaan uit ses van die streek se top jong gholfspelers. Leomand is ook die kaptein van die span. Die spelers het gister hul amptelike drag vir die toernooi ontvang.
Ons wens Leomand alle sterkte toe vir die toernooi.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
