Local newsNews

Ywerige entrepreneurs help Vaalpets

Twee van Laerskool D.F Malherbe se graad 7's het besluit om hul entrepreneursdag te omskep in 'n fondsinsamelingsprojek.

VANDERBIJLPARK – Wanneer jou hart warm klop vir diere, dan maak jy ʼn plan om die viervoetiges met jou entrepreneursdagprojek te help.

Dis presies wat Adelie du Toit en Miané Lucas tydens Laerskool D.F Malherbe se entrepreneursdag vir Graad 7’s gedoen het.

Adelie en Miané saam met Danielle van Rooyen en die klein hondjies. Foto: Vaalpets/Facebook

Die twee het met hul vrolike stalletjie, Die Troeteltuin, geld ingesamel om Vaalpets Rescue Centre te ondersteun. Saterdag het hulle Vaalpets besoek om die donasies, hondekos en snoepgoed af te lewer.

Vaalpets se stigter, Danielle van Rooyen was daar om hulle te ontvang. Die duo het die kans gebruik om bietjie met die jong hondjies te speel en ʼn toer deur die groter kampe geneem.

Vaalpets het op hul Facebookblad gesê hulle is baie dankbaar vir Adelie en Miané. “Jul vrygewigheid gaan ʼn regte verskil maak vir die honde van Vaalpets. Baie dankie ook aan al die leerders en ouers wat Adelie en Miané ondersteun het.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button