Local newsNewsNews

Fotograwe trek hul kuns-skoene aan

Die "lockdown-fotograwe" het hul kuns-skoene aangetrek om die fotoblad die week op 'n hoë noot af te skop.

Die “lockdown-fotograwe” het hul kuns-skoene aangetrek om die fotoblad die week op ‘n hoë noot af te skop.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 13de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” sal in hierdie week se uitgawe van  Vaalweekblad (26 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto tydens ‘n onlangse besoek aan Knysna geneem.
Elsje Vermeulen van vanderbijlpark het die monochroom foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi natuurfoto geneem.
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto by die viswaters geneem.
Polla Jansen van Rensburg van Vredenburg het hierdie mooi foto in Paternoster geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi kleurryke natuurfoto geneem.
Sonja Hollander van Kempton Park het die mooi foto geneem.
Yvette Wilde van Vereeniging het hierdie pragtige sonsondergang foto by die Be Our Guest Retirement Yard geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie kunstige foto van doppies geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi lyne raakgesien en ‘n pragtige abstrakfoto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van ‘n seester geneem.
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die afgelope naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en tydens ‘n ruskans die oulike foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi silhouette foto geneem.
Danie Nel van Parys het hierdie pragtige foto van ‘n protea geneem.
Dave Henderson van die plaas Deelfontein, in die Vrystaat naby Bloemfontein, het die mooi landskapfoto deur sy motor se voorruit geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die treffende sonsondergang foto met ryk kleure geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto van die dansende vinkie geneem.
Erica Venter van Uniondale het die mooi sneeubedekte landskapfoto geneem.
J.C. Van der Walt (17) van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button