Wat gaan aan in George Duffstraat, CE3?
VANDERBIJLPARK. – Die NG kerk Oospark is al langer as ‘n maand sonder elektrisiteit. Die probleem lê na bewering by ‘n kabel in die omgewing, maar alle klagtes by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit val klaarblyklik op dowe ore. Die gemeente is moedeloos aangesien hul nie eens begrafnisse op die stadium by die kerk kan hou nie. Hulle wil ook graag die eerste naweek in September weer met dienste begin, maar dit sal nie moontlik wees sonder elektrisiteit nie.

Die kerk wat op die hoek van George Duff – en Bremmerstraat in CE3 geleë is, kan nie die enigste gebou wees wat kragprobleme in daardie geweste ondervind nie. Vaalweekblad het foto’s ontvang waar kragkabels sommer van die boks af laag lê en dan deur ‘n boom gespan is om darem nie oor ‘n huis se ingang te lê nie. Moet daar nou eers weer ‘n tragiese ongeluk plaasvind alvorens iemand iets aan die gevaarlike situasie gaan doen?