Local newsNewsNewsBreaking News

Filmmaker van Vereeniging se nuwe rolprent bekend gestel

VEREENIGING. – Die lokprent vir die filmmaker Johan Cronjé se nuwe rolprent Meisies wat fluit is pas uitgereik. Cronjé, wat van Vereeniging af kom en aan Laerskool Suikerbos en Hoërskool Overvaal skoolgegaan het, is ook bekend vir die Afrikaanse rolprent Wonderlus wat in 2018 verskyn het. Leandrie du Randt en Stiaan Smith vertolk saam die …

VEREENIGING. – Die lokprent vir die filmmaker Johan Cronjé se nuwe rolprent Meisies wat fluit is pas uitgereik.

Cronjé, wat van Vereeniging af kom en aan Laerskool Suikerbos en Hoërskool Overvaal skoolgegaan het, is ook bekend vir die Afrikaanse rolprent Wonderlus wat in 2018 verskyn het.

Leandrie du Randt en Stiaan Smith vertolk saam die hoofrolle in Cronjé se nuwe fliek.

Die film is ’n liefdesverhaal en handel oor Henk (Smith) en Sofia (Du Rant) wat saam in die bed beland nadat hulle albei deur egskeidings is. Hulle kon nie hulle huwelike laat werk nie, maar miskien kan ‘n nuwe tipe verhouding wel uitwerk solank hulle die reëls volg…

Amalia Uys, Geon Nel, Anré Bouguenon, Pietie Beyers, Hanli Rolfes, Bennie Fourie en  Gerald Steyn is ook in die fliek te sien.

Die première is op Vrydag 4 September op DStv BoxOffice.

Dit sal daarna op Showmax en kykNet vertoon word.

Sien die lokprent hier:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button