Local newsNewsNews

Ons toer weer saam met fotograwe

Hier gaan ons op nog 'n lekker foto-toer saam met die passievolle fotograwe.

Hier gaan ons op nog ‘n lekker foto-toer saam met die passievolle fotograwe.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 13de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” sal in hierdie week se uitgawe van  Vaalweekblad (26 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die mooi foto by Tava Lingwe buite Vredefort geneem.
Danie Nel van Parys het die mooi foto geneem.
Dave Henderson van die plaas Deelfontein, in die Vrystaat naby Bloemfontein, het die mooi landskapfoto geneem.
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi foto geneem.
Eileen Pretorius van Alberton het die mooi foto van die gesin se nuwe viervoetkind geneem.
Erica Venter van Uniondale het die mooi sneeubedekte landskapfoto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die swaeltjies geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Hanti Pretorius van Vereeniging het het die mooi foto van die Clivias in haar tuin geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem.
“Koue Kombers” – Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom landskapfoto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n “sombre greenbul” geneem.
Polla Jansen van Rensburg van Vredenburg het hierdie mooi foto geneem.
“Delicious Monster” – Rico Bester van Kempton Park het die pragtige foto van dié unieke plant se blom geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi foto van ‘n ossewa geneem.
Sarina Small van Boltonwold het die mooi natuurfoto geneem.
Taryn Bester van Paternoster het die mooi seelandskap foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige foto op ‘n ou treinspoor geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto van die stad geneem toe die son sak.
Anita Bezuidenhout van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
“Die Koning” – Bennie Henning van Germiston het die mooi foto by die Lions & Safari Park geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem.

Check Also
Close
Back to top button