Drie hoera’s vir al die honde!
Ek vra net R20 inbetaling van elke organisasie, besigheid, skool, kerk, gesin, koshuis, prakryk wat kan - ten bate van PAWS
VANDERBIJLPARK. – Onthou om ‘n bietjie ekstra aandag en ‘n lekkerny of drie vir jou honde te gee, want vandag is Wêreld Hondedag. Die dag is ingestel om alle honde, van die skoukampioene tot by die regte straatbrakke te vier. Volgens www.daysoftheyear.com het Colleen Paige met die gedagte vir so ‘n dag vorendag gekom nadat sy haar eerste hond, Sheltie op 26 Augustus aangeneem het.
Alhoewel hierdie nou nie ‘n amptelike vakansiedag is nie, is daar ‘n verskeidenheid maniere om die dag te vier. Behalwe om jou eie honde te bederf kan jy ook ‘n donasie maak aan die vele organisasies wat na optelhonde omsien. Bekende aktrise Lizz Meiring het juis op haar facebookblad die volgende pleidooi gelwer: “Potch , Klerksdorp en omgewing! Of as jy omgee vir diere – waar jy ookal woon! Minder as die prys van ‘n koppie wegneem koffie!
Ek vra net R20 inbetaling van elke organisasie, besigheid, skool, kerk, gesin, koshuis, prakryk wat kan – ten bate van PAWS – (Potchefstroom Animal Welfare Society) wat die enigste diereskuilingplek en hulp vir diere is daar!
Aangesien dit ‘n geregistreerde NGO is, kan jy dit van belasting aftrek (dus kos dit jou niks !)
Projek PAWS in Potch op Woensdag 26 Aug – ten bate van al die hawelose diertjies! Hulle red hulle, huisves hulle, versorg en vertroetel hulle en onthou hul kon agv Covid geen fondsinsamelingsprojekte soos gholfdae ens gedoen het nie. Plus mense laai nou hul diere in kratte daar af, want hul kan nie meer vir hulle sorg nie. PAWS het R200,000.00 in agterstallige elektrisiteit, hondekos, en ander noodsaaklike kostes om in te haal! Dra by: Potchefstroom Animal Welfare Society – Nedbank , Tjekreknr: 115 655 0747 , Takkode : 198765.”
Sluit gerus die dag af met een van die vele flieks wat oor die jare oor honde gemaak is, van 101 Dalmations en Lady and the Tramp tot by Snow Dogs, Beethoven en Suid-Afrika se eie Jock of the Bushveld.
