Dave Henderson van die plaas Deelfontein, in die Vrystaat naby Bloemfontein, het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Pragfoto’s vanuit die Vaal tot in die Kaap … en drie ander lande!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 13de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (26 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die kunstige foto geneem.“Orion”- Rico Bester van Kempton Park het die pragtige foto in die vroeë oggendure geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Danie Nel van Parys het die mooi foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).“Totsiens” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto by Golden Gate geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto van ‘n pikkewyn geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi sonsondergang foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n “yellow-billed kite” geneem.Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom landskapfoto geneem.Polla Jansen van Rensburg van Vredenburg het die oulike foto van haar kleindogter geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Sonja Hollander from Kempton Park het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto tydens ‘n onlangse vakansie aan die Weskus geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi foto by die Lions & Safari Park geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die afgelope naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto op die roete geneem.Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za