Local newsNewsNewsBreaking News
Raadslid in bed met Covid-19 en longontsteking
MIDVAAL. – Selfs al het rdl. Hennie Ooshuysen, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, die Covid-19 virussiekte opgedoen en sukkel hy met ernstige longontsteking, is die versoeking om telefoonoproepe van die publiek te beantwoord en mense by te staan vir hom te groot. Oosthuysen sterk tans by sy huis aan. Dit het hom egter …
MIDVAAL. – Selfs al het rdl. Hennie Ooshuysen, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, die Covid-19 virussiekte opgedoen en sukkel hy met ernstige longontsteking, is die versoeking om telefoonoproepe van die publiek te beantwoord en mense by te staan vir hom te groot.
Oosthuysen sterk tans by sy huis aan. Dit het hom egter nie gekeer om Vaalweekblad met telefoniese navrae by te staan nie.
Oosthuysen sê hy sukkel om te praat sonder om uitasem te raak maar sê hy is nou al vir agt dae op medikasie en is besig om aan te sterk.
Vaalweekblad wens hom beterskap en ‘n vinnige herstel toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
