Drie hoera's vir die fotograwe met vandag se skitter-versameling, en baie welkom aan Ilene van der Westhuizen van Vaalpark wat vandag vir die eerste keer foto's op die blad deel.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto op die strand geneem.
Drie hoera’s vir die fotograwe met vandag se skitter-versameling, en baie welkom aan Ilene van der Westhuizen van Vaalpark wat vandag vir die eerste keer foto’s op die blad deel.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 13de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in gister se uitgawe van Vaalweekblad (26 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die pragtige seelandskap foto tydens ‘n besoek aan Heroldsbaai geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van ‘n springkaan geneem.Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto geneem.Sonja Naudé van Vanderbijlpark is tans met vakansie in die Weskaap en het die mooi foto gisteroggend op Franskraal geneem.Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Polla Jansen van Rensburg (oud-Valie) van Vredenburg het die mooi foto van die bekende windpomp aan die Weskus tussen Vrendenbug en Paternoster geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Sonja Hollander from Kempton Park het die mooi foto geneem.Thys Eigenhuis van Vereeniging het die mooi foto van die brug in die Suidkus geneem.Die 17-jarige Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto op ‘n besoek aan Masjid Kota Iskandar geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi foto van ‘n Springbok by die Lions & Safari Park geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die interessante foto tydens ‘n onlangse vakansie aan die Weskus geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die afgelope naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto op die roete geneem.Danie Nel van Parys het die mooi foto van die olifante geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die kunstige foto geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi foto geneem.Edna Cyster van Saldanha het die mooi foto by Jakobsbaai aan die Weskus geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van ‘n besoekertjie in sy tuin geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige natuur foto geneem.Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die Waterwiel in Keimoes geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za