Drive-Thru tuinmark in die Vaal
VANDERBIJLPARK. – Avison Organiese Kunsmis en Vaal Mall span hierdie September kragte saam om die Vaaldriehoek aan die wonders van tuinmaak te herinner en ons kwekerye en tuinmaakbesighede te ondersteun na afloop van die inperking. Die grendeltydperk het vele Suid-Afrikaanse besighede ‘n finansiële knou toegedien. Die tyd wat hierdie besighede moes sluit weens wetgewing en …

VANDERBIJLPARK. – Avison Organiese Kunsmis en Vaal Mall span hierdie September kragte saam om die Vaaldriehoek aan die wonders van tuinmaak te herinner en ons kwekerye en tuinmaakbesighede te ondersteun na afloop van die inperking. Die grendeltydperk het vele Suid-Afrikaanse besighede ‘n finansiële knou toegedien. Die tyd wat hierdie besighede moes sluit weens wetgewing en die impak van afdanking en ander onsekerhede op die spandeer patrone van hulle kliënte, het selfs veroorsaak dat sommige kleinsake hulle deure moes sluit.Avison Organiese Kunsmis het hierdie tendens ook in die tuinmaakbedryf opgemerk en met Vaal Mall kragte saamgesnoer om plaaslike kwekerye direk met die publiek in kontak te bring. En dit op ‘n uit-die-boks-dink manier wat die veiligheid van kopers ingedagte hou: ‘n Drive-Thru tuinmark! Die tuinmark vind op Saterdag, 5 September in die Vaal Mall parkeerarea plaas. Toegang tot die mark is gratis. Uitstallers sal alles wat met tuinmaak te doen direk te koop aanbied: saailinge, struike, bome, plantjies, items vir tuinverfraaiing, meubels, besproeiing en selfs swembadversorging en sekuriteit. Besoekers sal deur die mark kan ry en direk in hulle motors bedien word, of kan ook die stalletjies te voet besoek. Met die oog op veiligheid sal daar steeds maskers gedra moet word en sal handreiniger beskikbaar wees vir gebruik deur die publiek. Na byna vyf maande in ‘n grendelstaat en na afloop van die winter is ‘n lekker tuinprojek iets waarby enige gesin kan baatvind. Dit bied ‘n manier om die familietyd konstruktief aan te wend en in iets wat sigbaar vordering toon te belê. Daar is steeds beperkte uitstalspasie beskikbaar. Belangstellendes kan vir Hanlie kontak by (016) 970 8900 of 078 853 1250.
