Plaaslike student veg om haar lewe teen nierkwaal
'n Dringende operasie kan Marlene se lewe red
Retha Fitchat
VANDERBIJLPARK. – ‘n Finalejaar onderwysstudent van die NWU (Vaal), Marlene Taylor (23), veg om haar lewe nadat sy sowat ses weke gelede met ‘n ernstige nierkwaal gediagnoseer is. Sy is aanvanklik in Cormed-hospitaal opgeneem, waar vasgestel is dat sy nierstene in albei niere het. Dit veroorsaak dat haar niere nie kan dreineer nie, opswel en uiteindelik kan bars, wat haar lewe kan eis. ‘n Tydelike “stent” is ingeplaas maar die gesin het nie die R95 000 om die operasie by ‘n privaathospitaal te laat doen nie, en staatshospitale doen tans weens die Covid-19-pandemie nie sulke prosedures nie. Haar naam kan eers in November op ‘n waglys kom. Marlene is die afgelope weke in ondraaglike pyn.
LEES DIE VOLLEDIGE BERIG IN HIERDIE WEEK SE VAALWEEKBLAD.
Mense wat graag geld wil bydra sodat Marlene ‘n dringende operasie by ‘n privaathospitaal kan ondergaan, is welkom om ‘n inbetaling in dié rekening te doen:
ABSA, Rekeningnaam: Cormed Clinic, Rekeningnommer: 520 163 069, Takkode: 632 005, Verwysing: M Taylor.
Foto onder: Marlene is in ondraaglike pyn weens die nierstene wat nog nie verwyder kon word nie.

