Local newsNewsNews

Geniet jou fotografie en leef jou passie uit

Hoewel daar basiese riglyne is om 'n goeie foto te neem, is daar geen reëls wat jou keer om te eksperimenteer en jou passie uit te leef nie. Die kernpunt moet wees dat jy jou fotografie moet geniet. Op hierdie blad deel almal dieselde passie en ondersteun ons mekaar.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 13de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (26 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi silhouette foto van haar seun geneem.
“Verlore herfsblaar”- Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto met haar selfoon geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die besondere foto met haar selfoon geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die pragtige monochroom foto geneem.
Sonja Naudé van Vanderbijlpark is tans met vakansie in die Weskaap en het die mooi foto by Franskraal met haar selfoon geneem.
Polla Jansen van Rensburg (oud-Valie) van Vredenburg het die mooi foto met haar selfoon by die Saldanha-hawe geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens ‘n uitstappie geneem.
Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi sonsondergang foto met haar selfoon by die Midvaal-renbaan geneem.
Sonja Hollander van Kempton Park het die mooi foto met haar selfoon geneem.
Thys Eigenhuis van Vereeniging het die pragtige foto met sy selfoon geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto met haar selfoon tydens ‘n besoek aan Masjid Kota Iskandar geneem.
Bennie Henning van Germiston_het die mooi foto van die sonsondergang in Midrand geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van ‘n sappige aarbei met sy selfoon geneem.
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het die afgelope naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto met haar selfoon op die roete geneem.
Danie Nel van Parys het die mooi foto van ‘n buffel by die watergat geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die besondere landskapfoto met sy selfoon geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto met haar selfoon in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi landskapfoto geneem.
Edna Cyster van Saldanha het die mooi foto met haar selfoon by Jakobsbaai aan die Weskus geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die kunstige straattoneel foto met haar selfoon geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 073 657 7788 vir ‘n fotosessie.
Huibrecht Henning van Henley-on-Klip het die mooi foto met haar selfoon op ‘n wildsplaas in Limpopo geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi stillewe foto opgestel en met haar selfoon geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button