Local newsNewsNews

‘Bikers’ se massarit teen plaasmoorde

"Bikers" van regoor die land het vandag 'n massarit na die Uniegebou in Pretoria ondersteun om hul teenkanting teen plaasmoorde en rassisme te wys. Die rit is ook deur motorfietsklubs van die Vaal ondersteun.

Die plan was om van oral die massarit aan te pak en tussen 10:00 en 12:00 verby die ingang van die Uniegebou te ry. Daar is ook wit rose neergelê as deel van hul boodskap aan die regering. Die optog is puik ondersteun en die gebrul van motorfietse was aan die orde vandag.
Motoriste wat die voorreg gehad het om die optog te aanskou het oral op sosiale media gesê dat dit “‘n trotse oomblik” en “‘n mooi gesig was om te sien”.
 

* ‘n Groot dank aan al die motorfietsklubs en motorfietsryers wat die rit ondersteun en die boodskap duidelik oorgedra het.

Die plaaslike motorfietsklubs het vanoggend by Vaal Mall ontmoet vir die massarit Uniegebou toe.

Bo en onder: Die boodskap is duidelik oorgedra – Stop plaasmoorde en rassisme!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button