Vandag spog die fotoblad met twee talentvolle 16-jariges wat vir die eerte keer hul pragtige foto's op die blad deel - Zandre Crause is van Vanderbijlpark en Rachel Aucamp van Vaalpark.
Die 16-jarige Zandre Crause van Vanderbijlpark is 'n leerling aan die HS Driehoek en sê dat hy reeds 'n paar jaar selfoon-fotografie as stokperdjie beoefen. Hy het hierdie pragtige makrofoto geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 13de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die afgelope week se uitgawe van Vaalweekblad (26 Augustus) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Die 16-jargie Rachel Aucamp van Vaalpark het die kunstige foto verlede week by Hartebeespoort se dieretuin geneem. Haar kamera was pap en sy kon net die een foto neem!Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige landskapfoto geneem. Albertus is een van die meer gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto geneem.Bennie Henning van Germiston het die pragtige sonsopkoms foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van ‘n murasie geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het verlede naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto met haar selfoon op die roete geneem.Danie Nel van Parys het die pragtige sonsondergang foto geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die pragtige foto met sy selfoon geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi monochroom foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark, lid van die Vanderbijlpark Amateur Fotografieklub, het die mooi foto geneem.Edna Cyster van Saldanha het die mooi foto met haar selfoon by Jakobsbaai aan die Weskus geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige kinderportret geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die pragtige foto met haar selfoon geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto van haar kleinseun, Ludiek Snyman (2), tussen die clivias in haar tuin geneem.Thys Eigenhuis van Vereeniging het die mooi foto met sy selfoon geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto met haar selfoon in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto met haar selfoon geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige landskap foto met haar selfoon geneem.“Spitty” – Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto met haar selfoon geneem.Polla Jansen van Rensburg (oud-Valie) van Vredenburg het die mooi foto met haar selfoon geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens een van haar oggend uitstappies geneem.Sonja Hollander van Kempton Park het die mooi foto van haar skattige voervoet met haar selfoon geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za